NAMPO Kaap | Jul 10, 2019

NAMPO Kaap: 2019 se hoogtepunte

Daar is net 2 maande oor voor die 2de NAMPO Kaap by Bredasdorp Park plaasvind. Die organiseerders is opgewonde om die volgende oor die Oesdag te deel.

Daar sal vanjaar 200 buite-uitstallers wees en ongeveer 270 uitstallers binne die sale, wat die vee-uitstalling insluit. Besoekers kan ook uitsien na ʼn baie groter Nedbank blomuitstalling en moet beslis die fokus op ʼn groter verskeidenheid blomme kom besigtig.

Nog ʼn eerste by NAMPO Kaap is die aanbieding van die Landbou Boereplanne. Inskrywingsvorms is op die Graan SA webblad beskikbaar en daar is groot pryse op die spel! Inskrywings sluit 26 Augustus 2019 en ou en nuwe planmakers sal moet spring om hul planne in te skryf.

Die Media24 vroueprogram beloof om weer ʼn treffer te wees, met Kevin Leo (geborg deur Afgri) as gaskunstenaar om met sy sang te vermaak en sy liefde vir kos en kook oor te dra. Die volledige vroueprogram sal eersdaags op die verskeie webblaaie en sosiale media beskikbaar wees.

Nasie in Gesprek sal soos gewoonlik aktuele onderwerpe in daaglikse paneelbesprekings aanvat, met sake na aan elke landbouer se hart (soos onder meer die toekoms van landbou in die Kaap, alternatiewe gewasse vir graanprodusente en die wingerd- en vrugbedrywe) wat bespreek sal word. Hierdie program sal ook binnekort bekendgestel word.

Met die verskuiwing van die Engen 4x4-baan na die saadplotarea van die terrein sal daar vanjaar demonstrasies deur die onderskeie voertuiguitstallers aangebied word. Demonstrasies sal daagliks om 10h00 en 14h00 onder toesig op die baan gehou word.

Die vooruitsig is ʼn groter NAMPO Kaap in 2019.

Dus is voorsiening vir meer parkeerruimtes, tesame met meer toegangshekke, gemaak wat besoekers maklik toegang tot die terrein sal gee sonder om ver te hoef loop. Meer stalletjies sal ook verseker dat besoekers hul mae kan vul en dors vinnig kan les.

Die FNB tent (‘n nuutjie by die Park vanjaar) sal ontbytsessies, lesings, aanbiedings en nog vele ander aktiwiteite huisves, met ʼn volledige program wat die dag se gebeure sal uiteensit. Verskeie van hierdie aanbiedings sal op nuwe-era-produsente gefokus wees.

‘n Vol en interessante veeprogram sal daagliks in die Voermol saal aangebied word. Dit word in die verskeie veeringe, sowel as die hoofarena, aangebied. Die Agri Expo jeugskou, Alpha kleivee- en interrasskou, perd- en ponievertonings en die Overberg Jersey skou is deel van dié program.

Toegangskaartjies is alreeds op die TicketPro webblad beskikbaar
en sluit ʼn R10-besparing op aanlyn-kaartjies in.

Toegangsfooie is R60 aanlyn en R70 by die hekke vir volwassenes en R20 vir skoolgaande kinders.

NAMPO Kaap 4-6 September 2019 by Bredasdorp Park!

Hekke open 08h00 daagliks en sluit om 17h00. Die 2019-tema, “Winde van Vooruitgang” (so gepas vir die mooie Kaap), sal besoekers beslis nie teleurgesteld laat nie: daar is iets vir almal om te bewonder, te koop en na uit te sien!

Agriculture News

Keep up to date on all the news and events taking place at Bredasdorp Park.

Kankeroorlewendes maak hul merk

NAMPO Kaap | Jul 18, 2019 Kankeroorlewendes maak hul merk by Bredasdorp Park ’n Groep van 15 kankeroorlewendes het Saterdag 13 Julie 2019 die windpomp op die terrein voor die BKB-gebou op Bredasdorp Park pienk geverf vir kanker. Die meeste van die deelnemers is van...

Bredasdorp Park Direksie verkies

Agriculture News | Dec 5, 2018 Bredasdorp Park Direkse verkies Back: Louw Coetzer, Dirk Hanekom, Dirk Uys, Michael van Breda.Front: Marthelene Matthysen, Henk Aggenbach (Chair) Chrystal van Wyk. Alfreda Mars is appointed as a new director. More News ADDRESS...

Working on Fire training at our Park

Agriculture News | Dec 5, 2018 Working on Fire training at our Park More News ADDRESS Nooitgedacht Road, PO Box 1122, Bredasdorp, 7280     facebook twitter instagram CALL OR EMAIL US +27 (0) 28 050 1385+27 (0) 72 905...

Disaster management course held

Agriculture News | Nov 23, 2018 Disaster management course held The Western Cape Government with its partners in the local government sphere, safety and security agencies, and emergency services agencies participated in a functional scenario based training exercise...

Dirk Hanekom praat by Nampo Kaap

Agriculture News | Oct 8, 2018 Dirk Hanekom praat by Nampo Kaap https://www.facebook.com/grainsa/videos/308410916419712/ More News ADDRESS Nooitgedacht Road, PO Box 1122, Bredasdorp, 7280     facebook twitter instagram CALL OR EMAIL US +27 (0) 28 050 1385+27 (0) 72...

Preparing for the 2018/19 fire season

Agriculture News | Oct 6, 2018 Preparing for the 2018/19 fire season More than 600 firefighters within the Western Cape (WC) stationed at 27 bases across the province, will undergo the annual Yellow Card Training (YCT) camp in order to refresh their firefighting...

ADDRESS

Nooitgedacht Road,
PO Box 1122,
Bredasdorp, 7280

 

CALL OR EMAIL US

+27 (0) 28 050 1385
+27 (0) 72 905 5111
admin@expo.org.za

X