NAMPO Kaap | Aug 1, 2019

 

Nampo Kaap bied nóg meer vanjaar

GESKRYF DEUR JAN GREYLING

Vir elke boer en landbou rolspeler wag daar ‘n groter Nampo Kaap 2019. Die ekspo bring die nuutste tegnologie en presisietoerusting Wes-Kaap toe. Vanjaar vind Nampo Kaap van Woensdag, 4 tot Vrydag, 6 September by Bredasdorp Park plaas.

Boere kan verseker weet dat hulle behoefte vir blootstelling aan die nuuutste tendense die bestuurskomitee se prioriteit is. 

“Hier sal iets wees waarby elke boer van die provinsie sal baat. Geweldig baie nuwe tegnologie, plaasbestuursprogramme en al die hardeware wat op die plaas benodig word, is vanjaar by Nampo Kaap. Bespreek betyds verblyf en draai die bakkie se neus Overberg toe om vir ‘n dag of drie Nampo te kom geniet,“ nooi mnr. Henk Aggenbach, voorsitter van Bredasdorp Park NPC en Nampo Kaap 2019 en Me. Chrystal van Wyk, die hoof uitvoerende beampte van Bredasdorp NPC.

Proefpersele, demonstrasies, die bekendstelling van nuwe plantoerusting, die eerste Nampo Kaap Omnia Boereplanne-kompetisie, Nasie in Gesprek, ledelokaal toegang vir Graan SA, RPO- en NWKV-lede, ‘n nuwe 4 x 4 baan, die Waterwys Bewaringsboerdery sentrum, ‘n Landbank opkomende boerprogram, Toyota jongafslaer opleiding, ‘n Toks van der Linde steakbraai, die Overberg Jerseyklub se Jerseyskou, ‘n damesprogram met Kevin Leo en Herman Lensing en die Agri Ekspo Jeugskou is enkele hoogtepunte.

Vir graanboere is daar ‘n doelgemaakte lesing oor die belangrikheid van dekgewasmengsels, wat ten koste van monokultuur-praktyke nou die bewaringsboerdery wagwoord geword het om grondlewe voorop te stel. In praatjies oor onder meer plaasbeplanning en ekosisteme, asook roofvoël- en kraanvoël sensusnavorsing gaan die Trust vir Bedreigde Natuurlewe fokus op optimale boerderyresultate in harmonie met die natuur.

Aggenbach bevestig proewe en demonstrasies deur onder meer Nulandis, Sensako saam met SABBI, Omnia, Universiteit Stellenbosch, Kynoch en Môreson Grondverskuiwing. Die fokus is op kultivarkeuses, dekgewasmengsels en gewasbestuursopsies.

Landbank en die Wes-Kaap se Departement van Landbou, wat die ekspo vanjaar die eerste ondersteun bied ‘n inleidende Merinoskou beoordelaar program aan opkomende boere. “Hoofpunte van die aspekte waarna gekwalifiseerde beoordelaars kyk om die beste teelmateriaal te onderskei sal uitgelig word. Daarna word die boere se eie skape beoordeel.“

Vanjaar bied Nasie in Gesprek op elkeen van die drie Nampo Kaap-dae aktuele onderwerp besprekings onder leiding van gewilde aanbieders en paneellede.  Daar sal daagliks besprekings in die  Santam Ouditorium aangebied en opgeneem word. Skougangers sal die besprekings egter ook vir die eerste keer op vyf reuse plasmaskerms op verskillende plekke op die terrein kan volg.

Veeboere van sover as die noorde, die Karoo en die Oos-Kaap kan saam met hul Wes-Kaapse eweknieë uitsien na na stoetvee uitstallings, die jaarlikse Jerseyskou, rasbekendstellings, verskeie klein- en grootvee stoetuitstallings, veeteel genootskap inligting, inheemse bokrasse op skou en die slaglamkompetisie, moontlik gemaak deur die Suid-Afrikaanse Slaglam Kompetisie Vereniging en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO).

Donderdag, 5 September kry boere die geleentheid om te leer hoe om hul wolafrekeningstate ten beste te verstaan en hul teelbeleid diensooreenkomstig aan te pas. Die korrekte interpretasie van BLUP-syfers vir bees- en skaapboerdery word ook in ‘n lesing hanteer.

Op dieselfde dag stap die eerste Omnia Nampo Kaap Landbou Boereplanne-wenners in vyf afdelings weg met vet kontantpryse.  Boere moet verkieslik voor 23 Augustus inskryf.

Oud-Elsenburgers kan ook Donderdagaand uitsien na Toks en die Broers se optrede en die bekendstelling van Namibiam breweries se biere tydens Elsenburg se reunie-ete by die Ruêns Kollege Steakhouse.

Terwyl die mammas hulle gate uit geniet by die Vrouetent sal die kleingoed veilig, aangrensend tot die damesprogram, besig kan bly by die Margarite Uys Plaas Speelparkie. Boonop het Bredasdorp NPC  met ‘n gewaardeerde skenking van LEMCO ‘n splinternuwe, permanente Mediese- en Ramp Deinssentrum oftewel die VOC (Venue Operational Centre) opgerig, bekend as die LEMCO VOC – direk langs die Absa Geleentheid Sentrum.

Vir Aggenbach en van Wyk is die insluiting van kinders met spesiale behoeftes uit die streek se terapeutiese perdry-ervaring in die  Nampo Kaap arena program baie belangrik. “Ons noem ons kinders met outisme en gestremdheid ‘kinders met hoop‘, want dit is wat me. Mariska Marais en haar span vir hulle gee.” Die driedaglange perdeprogram sluit ook die Nampo Kaap Walliese Ponieskou, ‘n dresseerskou,  skouspingklasse, ruiterkunstegniek en kostuum ruiterskoue in.

Aansluitend by diè tema sal ‘n talentvolle plaaslike 15-jarige dogter met outisme, Lize Struwig haar passie en natuurlike aanvoeling vir taksidermie met besoekers deel. Sy sal diere wat op plaaspaaie doodgery word opstop om haar talente te deel. Sy het tot dusver met steun van haar ouers en You Tube geleer. “Sy is ‘n opstopper van formaat”, aldus Aggenbach.

Besoekers sal met van die land se voorste miniatuurperd stoettelers kennis maak.

Verblyf

‘n Omvattende verblyfdiens vir Bredasdorp en alle omliggende dorpe, insluitend Le Agulhas, Struisbaai, Waenhuiskrans, Elim, Caledon, Swellendam, Riviersonderend en Protem en Klipdale word,  namens Nampo Kaap hanteer deur Wilhelem en Susan Wessels op Bredasdorp. Hulle kan gekontak word wilhelm@trissco.co.za / 083 283 5445.

Kaartjies en parkering

Parkeertereinne 1, 2, 3 en 4 en die lede- en produsenteparkerings open reeds vanaf 06h30 elke oggend. Al die toegsangshekke na die terrein open open om 07h00. Nampo Kaap sal daagliks tot 17h00 oop wees.

Kyk gerus uit vir die verdubbelde parkeerruimte, vyf toegangshekke met nuwe, vloeiende betaalpunte. Voorafbespreking van toegangskaartjies by www.ticketpro.co.za vir ‘n R10 besparing per volwassene word reeds aanlyn verkoop teen R60 per dag per volwassene en R20 per dag per kind. By nuwe Sensako-hek en die vier nuwe Hollard-hekke sal dit R70 per volwassene kos vir diegene wat nie vooraf gekoop het nie.

Die Nampo Kaap landingstrook en aanloopbaan net buite Bredasdorp se lugverkeerbeheer inligting is beskikbaar by www.nampo.co.za / www.nampokaap.co.za of kontak admin@expo.org.za vir meer inligting.

 

Fotos: Jan Greyling, Crossword Communication and Marketing en LoveGreen Communications.

Agriculture News

Keep up to date on all the news and events taking place at Bredasdorp Park.

Practical DIY Aquaponics Training Workshop

Practical DIY Aquaponics Training Workshop

Farming | 2021 Bredasdorp Park: Come visit our hydro- & aquaponics project Hydro- and aquaponics are established methods of farming (mostly with vegetables and herbs). They are distinguished from other farming methods in that they are soilless, i.e. the crops grow...

2021 NAMPO OESDAG GEKANSELLEER

2021 NAMPO OESDAG GEKANSELLEER

Landbou Nuus | Jun 3, 20212021 NAMPO OESDAG GEKANSELLEERGraan SA se bekende jaarlikse landbouskou, die 2021 NAMPO Oesdag wat vir 17 - 20 Augustus herskeduleer was, is gekanselleer, het die organisasie vandag aangekondig. Na die aanvanklike uitstel vroeër vanjaar, sou...

Lewendehawe-ekspo’s en -skoue biosekuriteit protokol

Lewendehawe-ekspo’s en -skoue biosekuriteit protokol

Die aanbieders en organiseerders van ses van Suid-Afrika se grootste lewendehawegeleenthede, het hulself gesamentlik verbind tot ’n wetenskaplikgebaseerde biosekuriteitsprotokol vir die aanbied van die onderskeie geleenthede in 2020, asook in die toekoms

NAMPO Cape 2019 exceeds expectations

NAMPO Cape 2019 exceeds expectations

NAMPO Kaap | Oct 04, 2019 NAMPO Cape exceeds expectations  It is with gratitude that we look back on a very successful NAMPO Cape 2019. For the 435 exhibitors spread over the 480 available exhibition spaces, the upgraded parking areas, as well as the increased number...

Have you seen it yet? Our brand new LEMCO structure

Have you seen it yet? Our brand new LEMCO structure

NAMPO Kaap | Aug 15, 2019 Have you seen it yet? Our brand new LEMCO structure at Bredasdorp Park Have you noticed the large, brand new steel structure on our Bredasdorp Park expo site? This is the work of LEMCO Group of Companies – a leading structural steel...

ADDRESS

Nooitgedacht Road,
PO Box 1122,
Bredasdorp, 7280

 

CALL OR EMAIL US

+27 (0) 28 050 1385
+27 (0) 72 905 5111
admin@expo.org.za

X