Landbou Nuus | Jun 3, 2021

2021 NAMPO OESDAG GEKANSELLEER

Graan SA se bekende jaarlikse landbouskou, die 2021 NAMPO Oesdag wat vir 17 – 20 Augustus herskeduleer was, is gekanselleer, het die organisasie vandag aangekondig.

Na die aanvanklike uitstel vroeër vanjaar, sou die regeringsbeleid en -riglyne dit toelaat, het die koms van die 3de COVID-19-golf en die wysigings aan die inperkingsvlakke onder die Nasionale Rampstaat, die organisasie met geen alternatief gelos nie. Met meer as 750 uitstallers wat aan hierdie landbouskou deelneem, is die visier nou op 2022 gestel.

Gedurende die eerste helfte van 2021 het Graan SA voortgegaan om die oplewing in die nasionale koronaviruspandemie en die gepaardgaande regulasies en beperkings te monitor. Die stygende COVID-19 gevalle het gelei tot verdere beperkings op buitelugbyeenkomste met ingewikkelde uitdagings om die Oesdag aan te bied, en in die belang van alle besoekers, personeellede, uitstallers en die gesondheid en veiligheid van die plaaslike gemeenskap, is die Oesdag gekanselleer. Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat die NAMPO Oesdag weens die pandemie afgelas is.

“Die besluit om enige byeenkoms te kanselleer of uit te stel, veral die NAMPO Oesdag – die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond – is geen maklike roep vir enige organisasie nie,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof, gesê. “Gebeurtenisse van hierdie skaal verg aansienlike investering van tyd en hulpbronne deur die organiseerders, goedkeuringsinstansies op plaaslike en nasionale vlak, uitstallers en diensverskaffers, en daar moet tydig besluit word of NAMPO 2021 moet voortgaan, aldan nie”,  het de Villiers bygevoeg.

Verder het Graan SA deurlopend met sy NAMPO-vennote en belanghebbendes beraadslaag sodoende die moontlikheid te evalueer om die NAMPO Oesdag in 2021 in die oorspronklike formaat aan te bied, terwyl die veiligheid van sowel uitstallers as besoekers verseker word. “Die NAMPO Oesdag benodig maande se beplanning van die organisasie en sy uitstallers, en omdat baie van sy vennote steeds deelname aan en bywoning van geleenthede verbied, was die besluit om die geleentheid te kanselleer, weereens ‘n noodsaaklike besluit,” het dr. Dirk Strydom, Bestuurder: Graanekonomie en bemarking gesê.

Graan SA is steeds daartoe verbind om ‘n gediversifiseerde landbouhandelsuitstalling aan te bied ten bate van ons getroue vennote, die plaaslike gemeenskap, die landbousektor en die breër publiek, en ons sien daarna uit om die NAMPO Oesdag van 17 tot 20 Mei 2022 op NAMPO Park, net buite Bothaville in die Vrystaat, aan te bied.

Die NAMPO Kaap skou, geskeduleer vir 8-10 September 2021 in Bredasdorp, Wes-Kaap, en die NAMPO Alfa-skou, beplan vir 30-Sep – 2-Oct 2021 op NAMPO Park, Bothaville, is ook gekanselleer. Die besluit om hierdie twee gewilde streekskoue aan te bied, sal heroorweeg word indien regeringsregulasies gewysig word.

 

VERDERE NAVRAE

Chrystal van Wyk: 072 905 5111 of chrystal@ards.co.za

More News

Practical DIY Aquaponics Training Workshop

Practical DIY Aquaponics Training Workshop

Farming | 2021 Bredasdorp Park: Come visit our hydro- & aquaponics project Hydro- and aquaponics are established methods of farming (mostly with vegetables and herbs). They are distinguished from other farming methods in that they are soilless, i.e. the crops grow...

Toyota SA gets the wheels turning at Bredasdorp Park

Toyota SA gets the wheels turning at Bredasdorp Park

Toyota SA handed over two Toyota Hilux pickups to the board of Bredasdorp Park NPC on 17 March 2021 for use in the operation of the park and for the purposes of marketing Bredasdorp Park and Nampo Cape.

Lewendehawe-ekspo’s en -skoue biosekuriteit protokol

Lewendehawe-ekspo’s en -skoue biosekuriteit protokol

Die aanbieders en organiseerders van ses van Suid-Afrika se grootste lewendehawegeleenthede, het hulself gesamentlik verbind tot ’n wetenskaplikgebaseerde biosekuriteitsprotokol vir die aanbied van die onderskeie geleenthede in 2020, asook in die toekoms

ADDRESS

Nooitgedacht Road,
PO Box 1122,
Bredasdorp, 7280

 

CALL OR EMAIL US

+27 (0) 28 050 1385
+27 (0) 72 905 5111
admin@expo.org.za

X